SA Cares for life cares about the Cullinan

SA Cares for Life het met hulle eerste projek begin, waar hulle beplan om weekliks iets vir die gemeenskap te doen.

SA Cares for Life het op 1 November met hul eerste projek begin, waar hulle beplan om weekliks iets vir die gemeenskap te doen.

Hulle bied ’n program, Power of the Father, aan waar mans geestelik gehelp word om die eenheid te herstel tussen die man, die vrou en kind in die gesin.

Wyk 100 raadslid Johannes Bekker het vir Michael Joubert van SA Cares toestemming gegee om ou teer te gebruik by Magalies Water in Oak Avenue en om met die help van Eggbert eiers slaggate rondom Plot 91, Zonderwater toe te maak.

Mans van die gemeenskap is welkom om deel te neem. Dié mans word dan ook geestelik gehelp deur gebed en hulle word dan met kospakkies en klere gehelp.

Joubert het gesê, “Ons doen nou weekliks iets vir die gemeenskap en gaan met verskeie ander plaaslike besighede op verskillende projekte saamwerk.

“Ons eerste projek was die skoonmaak van die hoofstraat. Die nuuste een was die week waar ons

Zonderwaterweg se slaggate reg gemaak het.

“Ek wil ook bietjie fokus op ons bejaarde inwoners wat dalk hulp benodig soos hul gras te sny en ’n muur te verf,” het Joubert gesê.


ALSO READ: Communities pull up sleeves to clean Bronkhorstspruit, Cullinan and Delmas

ALSO READ: Anina van Rheede van Oudtshoorn van Standerton is oopkop oor die uitdagings wat voorlê




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version