Rioolwater borrel die straat af in Standerton

Kerkstraat is ook waar die rioolaanleg geleë is en dit is deel van die hospitaallyn.

Liters rioolwater stroom in Kerkstraat verby die ingang van die Evangelies Gereformeerde Kerk. Inwoners sit hande in die hare en die afgelope week met die reën het die stroom reënwater ook ingesluit.

Volgens die inwoners, herstel die Lekwa Munisipaliteit van tyd tot tyd die drein tot volgende keer wanneer dit weer oorstroom.

Kerkstraat is ook waar die rioolaanleg geleë is en dit is deel van die hospitaallyn. Gate is gegrawe en die waarskuwingslinte word volgens inligting, kort-kort verwyder.

PVC-pype is ingesit, maar een inwoner het gesê dit is te nou, en sal gevolglik nie die oorskot van handdoeke en sanitêre doekies, sowel as uitskot, van die hospitaal kan hanteer nie.



Die stank is soms oorweldigend. Mangate is wel die afgelope week afgelewer. Vir enigeen wat ’n goed opgepaste woning moontlik in die mark wil sit, is dit ’n tameletjie.

Lidmate van die kerk trotseer ook die gemors op Sondae. Ds Jan du Raan het op 3 November met graaf in die hand gestaan om die ingang na die kerk vir sy lidmate begaanbaar te maak.

Die Standerton Advertiser het op 2 November ’n epos na Lubabalo Majenge, kommunikasiebestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, gestuur om navraag te doen oor die tydsraamwerk vir voltooiing van die projek.

Lesers sal op hoogte van die antwoord gehou word.


ALSO READ: Dancers from Standerton on their way to the US

ALSO READ: First timer takes the lead at the Standerton parkrun




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version