Local newsNews

Alet Schutte van Standerton kry haar werk met lekkerkry klaar

Wonderwerk nommer twee is ongetwyfeld die sink van ’n boorgat en die oprig van sonpanele om water aan die kwekery te voorsien.

Alet Schutte van Standerton floreer tussen die blomme, plante en ornamente in haar kwekery op Standerton.

Sy word vergesel deur Bobby, die African Grey in sy hok en die twee optelhondjies wat aangeneem is, nadat hulle by die gholfbaan opgedaag het.

Alet het hulle ‘Gholfie’ en ‘Caddie’ gedoop.

Sy het ’n Facebook inskrywing raakgelees en weke het verbygegaan alvorens dié twee diertjies, wat in ’n verswakte toestand was, ’n nuwe herberg gevind het.

Die 25-jarige papegaai het ’n storie van sy eie.


LEES OOK: eMbalenhle Police say goat is evidence


Bobby was nooit hokgebonde nie, maar het by haar kwekery op Bethal algehele vryheid geken tot een dag in Oktober verlede jaar toe inbrekers op haar eiendom toegeslaan het.

“Ek het die betrokke Sondamiddag om 14:00 teruggery Bethal toe en volgens die veiligheidsmaatskappy, het die huisdeur oopgestaan,” het sy vertel.

’n Bebloede Bobby is gevind met een oog gewond en beserings aan die een vlerk.

“Ek was naar vir vier dae,” het sy gesê.

Die oproep na ’n veearts het gevolg en die papegaai sou eers die daaropvolgende Maandag mediese sorg kon ontvang.


LEES OOK: Gemeenskap van Standerton stap vir Bybels by Kalies


Bobby het op haar hand, op die stuurwiel, gesit en die veearts het Onderstepoort voorgestel. Dié afspraak het eers die Dinsdag om 11:00 kon plaasvind.

Hulle het haar meegedeel om afskeid te neem van Bobby, wat op ’n drup was. Alet het telefonies dié aand na sy welstand verneem.

“Hy het verbete aan die lewe vasgeklou en vir die eerste keer die Vrydag regop gesit en water gedrink.”

Bobby is nou blind in sy linkeroog en Alet het besef dat ’n hok vir hom nou die aangewese roete was om te volg.

Wonderwerk nommer twee is ongetwyfeld die sink van ’n boorgat en die oprig van sonpanele om water aan die kwekery te voorsien.


LEES OOK: Calling on donors for Christmas miracle in Standerton


Alet deel water gratis uit om haar belofte aan die Opperwese gestand te doen. Dit het alles begin met haar groenteprojek waarvoor sy bykomende water nodig sou hê.

Hoewel daar met 10 tenkers klaargekom kon word, het sy daad by die woord gevoeg en die erf agter die kwekery is kruis-en-dwars deurgeloop op soek na water.

Uiteindelik was die klein afleweringsone ondersoek en sy het daar op een kolletjie op water afgekom. Met reeds 60 meter in die grond, waarvoor sy begroot het, is ’n bykomende vyf meter ondertoe gegaan.

“Hulle het vir drie dae geboor en kon niks vind nie. Ek het in my hele lewe nog nooit so gebid nie en die Here belowe dat as ek water kry, ek dit nie sal verkoop nie.”

Water is 90 meter af gekry en voorsien tans 3 500l uurliks. Alet gee ook ruim aan Kasselman Veiligheidsdienste se sopkombuis.

Die risiko’s verbonde aan beurtkrag, het haar die dringendheid laat besef om van die kragnetwerk (grid) af te gaan.

Sy het ’n somber prentjie geskets oor die beskikbaarheid van water in die afsienbare toekoms.

“Watervoorsiening gaan in die volgende drie tot vier jaar die kosbaarste vir enige mens wees.”

Alet beskou haar werk as ’n stokperdjie, gewis een waarvoor sy ’n passie het. Sy het twee seuns, Paul en Cliff en vier kleinkinders en, ja, daar is iemand spesiaals in haar lewe.

Paul en Charlene bly op Bethal, terwyl Cliff en Mene na Nieu-Seeland uitgewyk het. Paul het die kwekery op Bethal geërf.

Alet het 13 jaar gelede een seun na ’n motorongeluk aan die dood afgestaan. Met haar natuurbewussyn, vind sy selfs vreugde daarin om bossies uit te trek en in die grond te woel.

Dié sakevrou sal na ’n vol dag by die werk, die deure sluit en teen die aand haar ewewig en balans weer vir die volgende dag vind.



Follow Us: Ridge TimesStandertonStreeknuus

Related Articles

Back to top button