Local newsNews

Anina van Rheede van Oudtshoorn van Standerton is oopkop oor die uitdagings wat voorlê

Met individuele klein klassies kan die personeel aandag skenk aan leerders en die geringste gedragsverandering dadelik waarneem.

Anina van Rheede van Oudtshoorn is Hoërskool George Hofmeyr se nuwe hoof en sal die leisels amptelik op 1 November oorneem.

Sy het sedert 1 November 2016 die portefeulje van adjunkhoof beklee en vir 28 jaar by Laerskool Jeugkrag in die intersenfase diens gedoen.

Anina was ook vir ’n tydperk die departementshoof. Haar alma mater is die Goudstad Onderwyskollege waar sy haar onderwysdiploma destyds verwerf het.

Anina het mooi herinneringe aan die opleiding by die kollege.

“Die curriculum was beroepsgerig, eerder as akademies geörienteerd en daar is van hulpmiddels gebruik gemaak om die studente toe te rus,” het sy gesê.

Die Van Rheede van Oudtshoorns het in 1988 na Standerton verhuis en haar eggenoot, Gerhard en sy pas soms ’n potjie gholf in na kerk op ’n Sondag.

“As ons Sondae kerk toe gaan, kan ons gaan gholf speel,” is tong-in-die-kies gesê.

Die egpaar het ’n seun en dogter en is grootouers van ’n negejarige kleindogter.

“My seun is ’n tegniese tekenaar en my dogter ’n tuisblymamma.”

Dié boorling van Leandra is destyds ook daar met Gerhard getroud.


Anina van Rheede van Oudtshoorn het nie doekies omgedraai oor die huidige sosiale opset en die rol van dissipline in die skoolomgewing nie.

Anina is deeglik bewus van die uitdagings wat by die Georgies voorlê en het die kompleksiteit van die diverse situasie onderstreep.

“Die uitdagings verander dag na dag, jaar na jaar,” aldus Anina.

Benewens hofplasings is daar ook leerders wat vanuit moeilike, huislike omstandighede by die Georgies opdaag.

“Daar word heel eerste aan hul menswees gewerk en hoewel akademie baie belangrik is, sal dit volg as die kind gebou is en in haarself glo.”

Met individuele klein klassies kan die personeel aandag skenk aan leerders en die geringste gedragsverandering dadelik waarneem.


LEES OOK: Jaden Pretorius van Standerton presteer in sewesrugby


Anina het ’n personeelkorps van 29, haarself ingesluit en ook 13 grondemanne en skoonmakers wat die perseel in stand hou.

Hoewel die leerdergetal tans op 152 staan, is daar ander faktore wat die Departement van Onderwys gebruik om die getal te bepaal.

“By gedragsmoeilike kinders, kan een leerder se getal tot vyf styg.”

Sy het nie doekies omgedraai oor die huidige sosiale opset en die rol van dissipline in die skoolomgewing nie.

Waar die onderwyser se woord in die verlede wet was, word daar nou meer ’n gesprek gevoer en die voor- en nadele van optrede toegelig.


Anina van Rheede van Oudtshoorn het nie doekies omgedraai oor die huidige sosiale opset en die rol van dissipline in die skoolomgewing nie.

Volgens haar is ouers in die moderne samelewing geneig om konfrontasie te vermy en gee eerder toe en laat dissipline aan ander strukture oor.

Die sosiale-media-beledings van leerders laat hul op die rooi tapyt opeindig.

“Kinders voel gesigsloos byvoobeeld op WhatsApp en Facebook en die prentjie verander drasties as hulle van aangesig tot aangesig met iemand is.”

Anina lees wyd en veral fiksie is haar gunsteling en neem ook die kwas op om te skilder.

“Ek hou daarvan om kreatief om te gaan in die lewe.”

Haar gunsteling vakansiebestemmings is ongetwyfeld Rocky Bay se branders en Marloth Park se wild naby die Kruger Wildtuin.

Hulle verken vir eers Suid-Afrika alvorens die buiteland aangepak sal word.

“As ons oorsee sou gaan, wil ek paleise, kastele en katedrale in Switserland en Engeland gaan besigtig.”

Sy het nie ’n spesifieke hoogtepunt in haar lewe kon uitsonder nie en dit soos volg verwoord:

“Alles wat jy doen en ’n sukses van maak, is ’n hoogtepunt. Anders is dit bloot ’n leerskool.”



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button