Local newsLocal sportNewsSportStreeknuus

Ouerpaar trap fiets ten bate van Laerskool Eloff

“Ons gebruik ons passie en sport vir fietsry en die buitelewe as bewusmaking vir ons skool.”

‘Hou bene hou’ is die slagspreuk waarmee Laerskool Eloff se beheerliggaam voorsitter, Lambert en sy vrou Nicolene Langerman die lang pad aangedurf het.

Die Langermans is bekend vir hul liefde vir fietsry en vandaar het die gedagte ontstaan om die moordende 1 608km of 1 000 myl tussen Vanderbijlpark en Bloubergstrand op hulle tandem fiets aan te pak.

Hulle doel met hierdie lang tandem fietsrit is ’n geldinsamelingsveldtog ten bate van Laerskool Eloff. Lambert en Nicolene het ook ’n BackaBuddy aanlyn veldtog aan hul fietsrit gehaak.

Op hierdie BackaBuddy blad dui die Langermas dat Laerskool Eloff sowat 300 leerders het waarvan 50% van skoolfonds gesubsidieer word.



Loffies is van skenkings en geldisamelingsveldtogte afhanklik om die skool effektief aan die gang te hou.

Die Langerman egpaar het op 28 September in yskoue weer op Vanderbijlpark weggespring. Die rit eindig op 8 Oktober op Bloubergstrand.

Die egpaar het verder laat weet dat hulle van die Unbound Africa’s Legendary Adventures se Joburg2Blouberg formaat gebruik maak om die tog te doen.

“Ons is boonop ook die eerste tandem span, wat dit ekstra spesiaal maak. Ons trap met ons tandem heeltemal onafhanklik en is boonop verantwoordelik vir eie slaapplek, kos en water.


Trap vir Laerskool Eloff.

Ons moet op ’n vooraf vasgestelde roete bly en daar waar ons by dorpies afdraai om te gaan rus, moet ons weer op dieselfde plek in die pad spring.”

Uitdagings was daar sover heelwat en uiterste weersomstandighede maak dit nie altyd maklik nie.

Die skoolhoof van Laerskool Eloff, Louise van Niekerk, het groot waardering teenoor die Langermans uitgespreek vir hulle opoffering vir Loffies.

Volg Lambert en Nicolene se avontuur op die Trap vir Laerskool Eloff Facebookblad.

Om ’n bydrae tot Laerskool Eloff se skoolfonds te maak, besoek https://www.backabuddy.co.za/trap-vir-laerskool-eloff

Lees in ’n volgende uitgawe meer oor die uitdagings, plesier en die 1 600km rit.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button