SA Cares op Cullinan hou hulle eerste gebedsoggend

SA Cares het hulle eerste gebedsoggend gehou met die gemeenskap en die Wingman Vereeniging.

SA Cares van Cullinan het op 22 September hul eerste gebedsoggend met die gemeenskap en die Wingman Vereniging gehou.

Dié bestaan uit mense wat bystand verskaf aan mense wat dit nodig het. Sowat 20 het die gebedsoggend bygewoon.

Hulle beplan om elke Vrydagoggend bymekaar te kom om te bid.

Die oggend was geopen met gebed deur Leon Ludick van Wingman wat ook die Woord gedeel het.

Belangstellendes word genooi om op Vrydae by Plot 91, Irenestraat in Cullinan die gebedsoggend by te woon.

Vir meer inligting, skakel Michael Joubert van SA Cares op 072 594 3998.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version