Local newsNews

Vrou wat glo drie keer oor man ry by kleinhoewe op Modderoos Boorde word van moord aangekla

Jansen van Rensburg se vrou is intussen ook in die hospitaal opgeneem waar sy vir skok behandel word.

’n 35-jarige vrou wat na bewering drie keer met haar motor oor ’n 50-jarige inwoner van Modderoos Boorde by Sundra gery het, is tans steeds in polisie-aanhouding.

Samantha Gauche het op 2 Oktober in die Delmas Landdroshof verskyn waar sy tot 9 Oktober moet wag om vir borgtog aansoek te doen.

Sy word daarvan aangekla dat sy omstreeks 14:00 op 30 September vir Leon Jansen van Rensburg op sy kleinhoewe doodgery het. Volgens die polisie op Sundra is daar glo drie keer oor hom gery.

Samantha Gauche (35).

Gauche het verder glo van die toneel weggejaag, maar het kort daarna beheer oor haar voertuig verloor en teen ’n boom gebots. Sy het van die toneel gevlug, maar ’n tuinier wat die gebeure dopgehou het, het alarm gemaak en Guache is voorgekeer.

Jansen van Rensburg se gru-dood het skokgolwe deur die klein gemeenskap van Delmas, Sundra en Eloff gestuur.

Streeknuus het intussen met Jansen van Rensburg se dogter, Shenique, in aanraking gekom en sy het haar skok oor haar pa se skielike en onnodige dood uitgespreek.

Jansen van Rensburg se vrou is intussen ook in die hospitaal opgeneem waar sy vir skok behandel word.

Leon Jansen van Rensburg is op sy kleinhoewe doodgery. Hierdie foto saam met sy dogter, Shenique is onlangs geneem.

Related Articles

Back to top button