Local newsLocal sportNews

Sasol Secunda se Gold Cup-pad eindig

Die Northam Rhinos het Sasol met 69-8 geklop.

Die Sasol Secunda Grip & Rip Rugbyklub se Community Gold Cup-pad het Saterdag in ’n doodloop op Setaria, Thabazimbi, geëindig.

Die Northam Rhinos het op hul tuisveld oor Secunda geloop en die wedstryd, die tweede in reeks, oortuigend met 69–8 gewen.

Sasol het die puntebord geopen met ’n strafdoel.

Dit was egter van die staanspoor duidelik dat Secunda se ritme uit is en die kenmerkende Sasol-masjien het net nie in rat geval nie.


LEES OOK: Rayties se krieketspanne presteer in die C Bond-liga


Die Rhinos het op Sasol se doellyn baljaar en die drieë laat inrol. Die rustydtelling was 21–3 in Northam Rhinos se guns.

Die Rhinos het die puntestand vergroot in die tweede helfte en het reeds met 40 voorgeloop toe Sasol se Ruan Groenewald ’n drie gedruk het.

Die wedstryd het ook verskeie beserings besorg. In die Rhinos se kamp is Dylan Weideman ernstig beseer en per ambulans van die veld afgeneem.

Sasol se spelers, wat vir Weideman gebid terwyl die wedstryd onderbreek is, is agterna geloof vir hul sportmanskap en etiek.


LEES OOK: GALERY: Laerskool Delmas se o11-krieketspan op die wenpad


In die Secunda-kamp het Kyle Howard ’n nekbesering opgedoen en Warren Moolman se hand het seergekry.

Secunda se afrigter, Lodewyk Uys, het gesê vanjaar was ’n seisoen waar die span uitgegaan het om hulself teen die bestes in die land te meet.

“Ons het gesien waar die gebiede is waar ons nog kortkom. Ons het vanjaar teen die Naka Bulle, Northam Rhinos en Northam Wolves gespeel en gesien dat ons nog nie naby is waar ons moet wees nie.

“Ons het nog baie agter die skerms werk vir 2024 oor, maar is bly vir ’n ruskans,” het Uys gesê.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button