Secunda-leerders kàn redeneer

Die Graad Vier-groep dogtersspan eindig vyfde.

Leerders van Laerskool Secunda het in Augustus by die eindronde van die Artistatue Redenaarskompetisie presteer.

Mike Janse van Rensburg het ’n eerste plek in die tweetalige afdeling behaal en derde plekke in die Engelse- en die Afrikaanse onvoorbereide afdelings.

Kara McKenzie het twee eerste plekke behaal onderskeidelik in Engels onvoorbereid en Afrikaans onvoorbereid, terwyl Kara Janse van Rensburg ’n tweede plek in Engels losgepraat het.

Zander Ferreira het derde geëindig in die Engelse afdeling, Ziné van den Heever vierde in die Afrikaanse afdeling, Louan Hattingh vierde in Engels, Kaylin Harrison vyfde in die Afrikaans en Ninke Bezuidenhout sewende in die Afrikaanse afdeling.

Die Graad Vier dogters groep het ook as ’n groep vyfde geëindig.

Dié groep bestaan uit Kara Janse van Rensburg, Miané Schneider, Elana Klein en Anne-Lynne van Heerden.

Exit mobile version