Local newsLocal sportNews

Gholfspelers werk steeds aan hul spel by Standerton Buiteklub

Die Standerton Buiteklub se se IPS-wedywering oor 18 putjies het Stephen Nortjé se sege van 43 opgelewer.

Nick Momberg het die nege-putjie kragmeting op 30 Augustus sy eie gemaak deur met ’n punte telling van 19 te seëvier.

Gerrit Nel het met 18 punte in die tweede plek ingeskuif, gevolg deur Donnie Taljaard en Neville Ritchie wat albei op 17 te staan gekom het.

Freddie Welmans het 16 op die telkaart ingevul. Die Standerton Buiteklub se se IPS-wedywering oor 18 putjies het Stephen Nortjé se sege van 43 opgelewer.

Patrizia Lombard het 41 aangeteken, gevolg deur Herman Mynhardt se 38 en Nico Lombard se 37.

Sowel Ronald Kinner as Louis Bibbey het met 36 geëindig, terwyl Lourens van der Sandt, Francois Cronjé en Hennie Swanepoel elk 34 op die telkaart ingevul het.


LEES OOK: Hoërskool Secunda se krieketspanne wen meeste wedstryde


Bernard Swart het met 33 geëindig. Wessel van der Merwe het ’n spog-twee behaal.

Johan Janse van Rensburg het op 26 Augustus koning gekraai by ’n IPS-kompetisie en 42 op die telkaart ingevul.

Altesaam 32 spelers het mekaar die stryd aangesê. Gerrit Coetzee het ook met 42 geëindig, gevolg deur Leon Myburgh se 41.

Attie Mouton, Francois Cronjé en Jannie Nichols het elk 38 aangeteken, terwyl Deon Grimsell en Gerhardt Brits albei op 37 te staan gekom het.

Louis Bibbey en Joré Nortjé het albei 36 aangeteken. Van Rensburg, Coetzee, Francois Cronjé, Hennie Swanepoel en Rowan Brink het elk ’n spog-twee behaal.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button