Heidi kleuters leer reptiele ken

Heidi se kleuters het ook ’n keuse gehad om aan die reptiele te voel en terwyl sommige maar skrikkerig was, het ander duidelik geen vrees getoon nie en heelhartig en dapper aan aksies deelgeneem.

Heidi Kleuterskool op Delmas se tema vir die week was reptiele. Reptiel-kenner, Greg Strydom van die Chameleon Village Reptile Park in Hartbeespoort het die skool op 16 Augustus besoek.

Tydens dié besoek on kleuters op ’n speelse wyse, maar ook met die realiteit van reptiele in aanraking kom.

Die kleuters het eers met ’n tarantula kennisgemaak, daarna met ’n padda asook ’n paar ander kreature vanuit die natuur voordat hulle aan die reptiele bekendgestel is.


Tristan Fabrcious het geen bang haar op sy kop nie.

Strydom het die kleuters op ’n avontuur deur die wêreld van reptiele geneem en speel-speel is die kleingoed breedvoerig oor reptiele ingelig.

Skilpaaie, geitjies, ’n verkleurmannetjie en selfs ’n baba krokodil het by die skool besoek afgelê.

Strydom het ook ’n verskeidenheid van slange aan die kleuters gewys en rondom die gevare van giftige slange ingelig.


Heidi Kleuterskool hoof, Riëtte Wheller wys dat sy nie bang is nie.

Heidi se kleuters het ook ’n keuse gehad om aan die reptiele te voel en terwyl sommige maar skrikkerig was, het ander duidelik geen vrees getoon nie en heelhartig en dapper aan aksies deelgeneem.

Na afloop van die aanbieding kon onderwysers van Heidi braaf saam met die massiewe albino luislang poseer.

Ook onder die onderwyseresse was daar die brawes, terwyl ander versigtig weggestaan het.


Lumarie de Beer leer meer van reptiele vanaf Greg Strydom.

Die kleuters het die opvoedkundige aanbieding baie geniet.

“Baie dankie aan Greg vir die moeite, tyd en pragtige manier waarop hy die reptiele en ander spesies aan Heidi se kleuters bekend gestel het,” het Riëtte Wheller, skoolhoof by Heidi, laat hoor.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version