Local newsNews

Bronkhorstspruiter gaan haar staal teen wêreld se beste rolbalspelers toets

Nasionale ope enkel dames kampioen gaan Suid-Afrika in Austalië verteenwoordig.

Ina Fourie gaan binnekort aan die World Singles Champion of Champions deelneem.

Fourie is ‘n rolbal uitblinker van Bronkhorstspruit wat vir die afgelope 10 jaar vir CBC Old Boys in Groenkloof, Pretoria, speel.

Sy vertrek op 7 September na Australië waar sy Suid-Afrika sal verteenwoordig. Fourie het dié eer te beurt geval nadat sy verlede jaar as die nasionale enkelskampioen gekroon is.

Hierdie nasionale rolbalkampioenskap het op 11 Mei 2022 begin, en spelers vanoor die land skryf jaarliks vir dié kompetisie in.


Ina Fourie tydens ‘n rolbalwedstryd.

Enkels word gespeel op 21 punte, met sowat 130 spelers in die ope-afdeling.

As jy die afdeling gewen het, is jy een van die laaste 32 spelers wat deurgedring en uitgespeel het tot die laaste 16 spelers. Die laaste agt spelers, dan die laaste vier spelers wat in die halfeindrondte is.

Die eindrondte het op 15 Mei 2022 in Gqeberha (Port Elizabeth) plaasgevind.

Fourie het ook in Junie verlede jaar aan die nasionale viere-kampioenskap deelgeneem waar sy goud ingepalm het.


LEES OOK: Dellies se kaskarresies sorg vir groot pret


“Dit was vir my ‘n eer om teen Springbokke en veel meer ervare spelers mee te ding,” het Fourie gesê.

Fourie speel al die afgelope 20 jaar rolbal. Sy het as ‘n groentjie by die Bronkhorstspruit Rolbalklub begin waar sy vir sowat ‘n dekade ‘n lid was. Sy het by CBC Old Boys aangesluit om meer bloodstelling en kompetisie te kan kry.

Fourie sien uit na die wêreldkampioenskap.

“Dit is ‘n voorreg om teen ander lande se beste rolbalspelers te kompeteer,” het sy gesê.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button