Local newsNews

Kinross VLU-vroue praat oor depressie

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Augustus by te woon.

KINROSS – Alta Roux,’n skrywer van Ermelo, het die Kinross VLU-tak op 8 Junie op Kinross oor depressie toegespreek.

Roux het navorsing gedoen oor verskeie families se geskiedenis. Sy het vertel van ’n vrou wat 14 kinders gehad het, maar net drie grootgemaak het omdat die ander almal dood is voordat hulle volwassenheid kon bereik.

Sy het ook gepraat oor metodes wat die medici destyds gebruik het vir depressie en hoe die behandeling van destyds tot nou verander het wat geestesversteurings aanbetref.

Die Kinross VLU-tak vergader weer op 10 Augustus om 09:30 by die Evanderklub. Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Thea Potgoete by 082 823 2728.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button