Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Phoenix plaas ’n groot wen in die sak

Hulle het op 20 Mei met Thembisa met ’n eindtelling van 76–15 afgereken.

Delmas se Phoenix Rugbyklub het die afgelope naweek sterk vertoon in die eerste rondte van die Valke Liga.

Phoenix het op 20 Mei teen Thembisa in Birchleigh, Kemptonpark, te staan gekom en ’n groot oorwinning van 76-15 behaal.

Volgens die afrigter, Jandré Senekal is die span trots op hul oorwinning en sien hulle uit na die tweede rondte van die liga.

“Die wedstryd was hard, maar ’n goeie een. Phoenix het dié wen nodig gehad om weer selfvertroue op te bou vir rondte twee. Na die laaste twee wedstryde se verloor, hoop ons om dié goeie wen positief op die pad vorentoe te gebruik.”

Senekal het voorts gesê hul spelers wat nog nie baie blootstelling gehad het nie is in die eerste helfte kans gegee om op die veld te draf. Tydens die tweede helfte was die normale span egter weer op die veld gestuur.

Teen druktyd was dit nog nie bekend oor watter plek die span tans op rangleer inneem nie. Phoenix se eerste wedstryd in die tweede rondte sal op 27 Mei teen Tsakane in Springs gespeel word.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button