Secunda VLU-vroue leer van borduurwerk

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Junie by te woon.

Vroue van die Secunda VLU-tak het op 3 Mei geleer hoe om borduur-opstopwerk te doen.

Rina Breedt het die vroue hierin touwys gemaak en het ook die maandelikse kompetisie-artikels beoordeel.

Die voorsitter van dié tak, Rosa Black, wil ’n VLU aand-tak begin en het gesê hul eerste vergadering sal binnekort plaasvind.

Die Secunda VLU-tak se volgende vergadering is op 21 Junie om 09:00 in Die Rots by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.

Vir meer inligting, skakel Black by 082 586 9638.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version