Local newsNews

Delmas buurt- en plaaswagte neem aan nasionale patrollie deel

“Die verhoogde sigbaarheid in dorpe speel ’n belangrike rol in gemeenskapsveiligheid en daarom is dit belangrik dat patrollies soos hierdie moet plaasvind.”

AfriForum se buurtwagte in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede en verskeie sekuriteitsmaatskappye aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

AfriForum se Delmas Valke Buurtwag, die Eloff Buurtwag sowel as die Argent Plaaswag het deel gevorm van dié buurwagte wat op 14 en 15 April aan die noordstreek massapatrollie deelgeneem het.

Altesaam 799 AfriForum-patrolleerders het deelgeneem, 24 358 km in 512 voertuie is afgelê en die buurtwagte het 35 voorvalle hanteer.

Dit het om 16:00 die middag begin en tot 06:00 die volgende oggend geduur. Die doel van hierdie patrollie is om sigbaarheid te verhoog in die onderskeie provinsies en sodoende misdaad teen te werk.

Die plaaslike massapatrollie was gekenmerk deur voorvalle wat op die N12-hoofweg digby Delmas plaasgevind het en waartydens die SAPD, die plaaslike buurtwag en die ander veiligheidsinstansies hande gevat het.

Tydens dié voorvalle was voertuie beskadig deur klippe wat op die padoppervlak gepak was. ’n Mosambiekse burger was ook deur die kop geskiet. (Streeknuus, 21 April).

“Ek is trots op die noordstreek-buurtwagte wat altyd bereid is om deel te neem. Ek bedank ook elke patrolleerder wat elke nag bereid is om hulle tyd op te offer om na die veiligheid van hul onderskeie gemeenskappe om te sien.

“Die verhoogde sigbaarheid in dorpe speel ’n belangrike rol in gemeenskapsveiligheid en daarom is dit belangrik dat patrollies soos hierdie moet plaasvind,” het Sampie Steinberg, waarnemende veiligheidspesialis vir die noordstreek en AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord, gesê.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button