Local newsNewsStreeknuus

Truksvyfees by Rayton is baie soet met bietjie steek

Die organiseerders, Pierre en Ane du Preez, self beginner turksvyboere, het die fees weer hervat.

Die Turksvyfees is op 4 Februarie, ná 25 jaar se droogte, weer aangebied.

Sowat 60 uitstallers het dié dag by die Willem Prinsloo Landboumuseum net buite Rayton bymekaar gekom om turksvye te vier met die slagspreuk ‘baie soet, bietjie steek’.

Die organiseerders, Pierre en Ane du Preez, self beginner turksvyboere, het die fees weer hervat. Hulle doel is om mense bewus te maak van dié wonderplant en watse voedingswaarde dit bied vir beide mens en dier, asook die medisinale waarde en die heerlike smaak van die vrug.

Daar was stalletjies wat turksvye en turksvyprodukte verkoop het soos sepe, velsorgprodukte, konfyte, jenewer en mampoer.

“My gunsteling van die dag was die turksvy ‘smoothie’ met turksvymampoer in. Ek kwyl sommer as ek net daaraan dink,” het Ane vertel.

Uitstallers het besoekers bederf met kosstalletjies, ’n biertuin, klere, juwele, ’n enorme turksvymasjien wat pitte van die vrug skei, turksvysosaties, mesmaak- en demonstrasies, 1910 Highwheeler-motorritte, Bostu Boerboele se honde, plaasbrood vars uit die plaas se oorspronklike oond, Genesis K9 se snuffel-demonstrasies en skynaanval-demonstrasies. Die Veteraan Trekkervereniging het ook van hul trekkers en masjienerie uitgestal.

“Ons het die Afrikaner-erfenis gevier met sweepklap, volkspele en boeremusiek.

“Doktor Herman Fouché en Professor Maryne de Wit, dosente van die Universiteit van die Vrystaat, het vir die besoekers meer oor die plant vertel,” het Ane gesê.

Demonstrasies is ook gehou oor hoe ‘n mens die vrug ontdoring en die vrugte op grootmaat verpulp om by die skoon pitte uit te kom wat propvol hoë gehalte vitamien E-olie is.

Kinders kon ook sorgeloos rondwandel op die terrein. Die fees word Vrydagaand op KykNet se Fiesta uitgesaai.
Vir meer inligting oor die fees, besoek die Turksvyfees Facebookblad.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button