Local newsNewsStreeknuus

Heidi Kleuterskool op Delmas se gr. R’e gereed vir grootskool

“Elkeen van julle hou ’n spesiale plekkie in ons harte - ons beste wense vergesel julle op julle skool loopbaan vorentoe. Onthou altyd dat elke minuut van ’n dag die moontlikheid inhou om iets wat groter en beter is te kan skep. Hou julle oë na bo gerig en geniet die lewe ten volle.”

Tydens hul gradeplegtigheid, het daar vir die gr. R-leerders van Heidi Kleuterskool een deur toegemaak, maar daarmee saam het die grootskool se deure geopen.

Die spesiale geleentheid het op Saterdag, 19 November by Laerskool Delmas plaasgevind.

Die skoolhoof Riëtte Wheller het die klas van 2022 met die volgende woorde gegroet: “Elkeen van julle hou ’n spesiale plekkie in ons harte – ons beste wense vergesel julle met julle skoolloopbaan vorentoe.

“Onthou altyd dat elke minuut van ’n dag die moontlikheid inhou om iets wat groter en beter is te kan skep. Hou julle oë na bo gerig en geniet die lewe ten volle.

“Die toekoms skitter blink vir elkeen van julle en ons weet dat die Here so ’n groot plan met elkeen het en sien daarna uit om julle voetspore in die toekoms te volg.


LEES OOK: Sinkgat op Standerton is ’n ongeluk wat wag om te gebeur


“Hou altyd julle voete gegrond, maar julle oë gerig op Jesus, mag die pad vorentoe met seëninge en sukses gelaai wees.”

Na die skoolhoof se spesiale boodskap aan die gr.R-klas van 2022 was dit tyd vir die formaliteite en het elke leerder hul sertifikate ontvang en is hulle nou offisieel gereed vir 2023 se eerste dag van grootskool.

Wheller het ook haar dank uitgespreek teenoor elkeen wat dit die geleentheid moontlik gemaak het.

“Ek is opreg dankbaar vir elkeen se insette, die werk agter die skerms, Heidi se personeel en elke borg. Dankie vir wie julle is en vir julle bereidheid om daardie ekstra myl te stap.”

“Nie net het ons tydens die spesiale geleentheid ons gr. R-maats gegroet nie; ons het ook ons gr. R-onderwysers gegroet, want van hier af aan sal hulle deel uitmaak van die dinamiese span van Laerskool Delmas,” het Wheller afgesluit.


LEES OOK: Secunda Regional Court sentences teacher to 10 years for deeds with school boys


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button