40 Slaggate op Eloff gevul

Gildenhuys, wat self al die slagoffer was van ’n motorband wat hy verloor het as gevolg van ’n massiewe slaggat op die R555 tussen Eloff en Sundra, maak gereeld slaggate op die dorp reg.

Die nou reeds bekende oud-skoolhoof, André Gildenhuys en sy slaggat-span het weer slaggate op Eloff herstel.

Die paaie van Eloff, veral dié om Laerskool Eloff is byna onbruikbaar en hou ’n gevaar in vir motoriste.

Met die onlangse swaar reën was die gate boonop met water gevul en het dit nog ’n groter gevaar ingehou.

Gildenhuys, wat self al die slagoffer was van ’n motorband wat hy verloor het weens ’n massiewe slaggat op die R555 tussen Eloff en Sundra, maak gereeld slaggate op die dorp reg.

Tydens die laaste sessie is slaggate in St. Andrew- en Taylorstrate gevul. AfriForum se Delmas-tak het 30 sakkies teer vir die projek geskenk.

Die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit het ook ’n verdere 40 sakkies teer bygedra.

“Ons het in totaal sowat 40 slaggate op Eloff herstel,” het Gildenhuys laat hoor.


LEES OOK: DA calls for better service delivery in VKLM

LEES OOK: Padtekens op Delmas herleef


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version