Gholfspelers ondersteun in groot getalle outehuis op Standerton se geborgde gholfdag

Ricus van den Hoven het op Woensdag 23 November die voortou met 17 punte in die nege-putjie-kragmeting by die Standerton Buiteklub geneem.

Kosmos Aftree-oord se geborgde gholfdag op Saterdag 26 November is weens die weer net na die eerste nege putjies verander.

’n Hele paar spelers nie kon klaar speel nie.

Jacques Erasmus en sy maat, Willie, het eerste geëndig, gevolg deur Kobie Coetzee en Tertius Brits.

Malan van der Merwe en Herine van der Merwe het die derde plek behaal.

Ricus van den Hoven het op Woensdag 23 November die voortou met 17 punte in die nege-putjie-kragmeting by die Standerton Buiteklub geneem.Deon Grimsell het in die tweede plek ingeskuif met 16 punte, gevolg deur Pieter Bester se 15.

Donnie Taljaard het op 14 te staan gekom en Freddie Welmans op 7.

RJ Kinnear het die 18-putjie-wedywering met 38 punte gewen, asook ’n spog-twee behaal, terwyl Jaco Sutherland ook 38 aangeteken het.

Wikus Fourie het 37 opgestapel, gevolg deur Johan van Niekerk met 35, wat ’n spog-twee behaal het.

Sowel Joré Nortjé as Stephen Nortjé het 34 op die telkaart ingevul, terwyl Nico Lombard en Gerrit Coetzee albei met 33 geëindig het.

Coetzee het ’n spog-twee behaal. Wessel van der Merwe en Patrizia Lombard het onderskeidelik 32 aangeteken.
Ben Steyn en NT Coetzee het ook ’n spog-twee behaal.

Riaan Starbuck het die septer by die gebruiklike Sundowner-kompetisie op Vrydag 18 November geswaai nadat hy 18 punte aangeteken het.Mark Nortjé se 17 punte by dié IPS-wedywering het aan hom die tweede plek besorg, terwyl Aldo Arnaldi 16 punte op die telkaart ingevul het.

Ronel Starbuck het op 15 te staan gekom, gevolg deur RJ Kinnear en Jaco Sutherland wat albei 14 behaal het.
Johardt Swanepoel het 13 aangeteken.

Riaan Starbuck het ook ’n spog-twee behaal.

Wikus du Preez het op Saterdag 12 November geseëvier met ’n telling van 38.

Altesaam 26 spelers het aan dié IPS-kompetisie deelgeneem.

Johan Griesel het tweede, ook met 38 geëindig, terwyl Nico Lombard, Jacques Ferreira en Herman Mynhardt elk 34 behaal het.

Phillip du Preez het op 33 te staan gekom, gevolg deur Werner Mouton en Attie Mouton wat albei 32 aangeteken het.

Louis Gravitt het 31 op die telkaart ingevul, terwyl Gerrit Coetzee 30 behaal het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version