Local newsNews

Secunda se James Harris neem fotoklub se beste foto vir November

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Januarie by te woon.

SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 4 November byeen gekom en hul beste fotos ingeskryf.

Die voorgeskrewe onderwerp vir November was Shadows en James Harris se foto, Shadow Girl, was die beste in dié afdeling.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy foto, Lonely Lady in die tweekleurige foto-afdeling.

Peter Cavanagh was die beoordelaar vir die aand.

Onder die senior fotograwe, was dit Sussa Pelser met haar foto, In the Lime Light in die fotojoernalistieke afdeling, wat as die beste fotograaf weggestap het.


LEES OOK: Fotograwe kom byeen op Secunda


Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang en vir haar foto, Red-Knobbed Coot in die natuurvoëlsafdeling.

Onder die junior fotograwe was Louis van der Walt die beste met sy foto, Badplaas Safari Sunset, in die landskapafdeling.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is Lorraine Botha vir haar foto, Coming to get You in die natuurvoëlsafdeling, dr. Leon Pelser vir sy foto, Crowned Pigeon, ook in die natuurvoëlsafdeling, Louis van der Walt vir sy foto, Inkunzi Cave Striped Swallow, ook in die natuurvoëlsafdeling, Edmund Hattingh vir sy foto, Rooiborsbyvreter ook in die natuurvoëlsafdeling, Peter Winnan vir sy foto, Camping Under the MilkyWay in die landskapafdeling, Danie Smit met Walk into the Treasury, ook in die landskapafdeling, Yolande Pietersen vir B en W Horlosie in die tweekleurige foto-afdeling, Johan Coetzee vir Taekwondo Blow to the Torso, in die tweekleurige foto-afdeling en Piet Potgieter vir sy foto, Standoff in die natuurafdeling.

Belangstellendes is welkom om die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms in Januarie by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button