Local newsNews

Debbie en Hanna reik uit na Leandra-gemeenskap

Belangstellendes is welkom om welwillendheidswerk te ondersteun.

Debbie Smith doen al vir jare opheffingswerk in haar gemeenskap, maar het sowat drie jaar gelede hande geneem met die nie-winsgewende organisasie van die bekende aktrise, Hanna Grobler.

Dié organisasie, Hanna Charity and Empowerment Foundation, is as ’n nie-winsgewende organisasie gestig in 2008 en hul doelwit is om hande te neem met behoeftige mense en veral kinders en bejaarde mense te ondersteun.

Die area-bestuurders van die verskillende provinsies het op Woensdag, 16 November Smith se gebied wat Leandra, Secunda, Trichardt, Eloff, Sundra, Springs en Devon insluit, besoek en die groep het lekkergoedpakkies vir die kinders uitgedeel.

Smith het gesê sy het besluit om by Hanna Charity and Empowerment Foundation betrokke te raak omdat sy deursigtig wil wees en dan ondersteuning van die organisasie kry as sy kospakkies uitdeel in haar gebied.

Smith deel maandeliks 65 kospakkies aan behoeftige gesinne op Leandra en omliggende dorpe uit.

“Die kospakkies help om die gesinne te ondersteun omdat hulle nie deur die maand kan kom met die kos wat hulle het nie,” het Smith gesê.

Sy het gesien hoe baie mans van gesinne na die inperkingstyd hulle werk verloor het en gesê die nood is nou groter.

“Elke week is daar mense wat my skakel en sê hulle het nie kos in die huis nie en die probleem is, dit is almal mense met kinders,” het Smith gesê.

Dit is ook nou ’n groter uitdaging vir Smith om kos te kry vir al die gesinne wat sy al vir jare ondersteun. Kos is tans die grootste behoefte.

Enige iemand wat Smith wil borg of ’n bydrae wil lewer tot die maandelikse kospakkies kan haar skakel by 083 253 7456. Smith het een van haar borge, Dewfresh, vir hul maandelikse bydrae bedank.

Sy het ook al ’n paar jaar terug ’n tweedehandse winkel, Hanna’tique op Leandra oopgemaak, maar onlangs geskuif na ’n nuwe perseel.

Belangstellendes kan klere of kombuisware of enige ander items wat hulle nie meer in hul huise gebruik nie, skenk aan die winkel.

Dié winkel dien ook as klerebank sodat dié mense wat nie ’n donasie kan gee nie, verniet klere kan kry wat hulle benodig. Die items word dan teen baie goeie pryse verkoop en die opbrengs gaan daarvoor om behoeftige mense te help.


LEES OOK: Bronhostspruit se VLU-Van Riebeecktak kuier by Ons Herberg


Related Articles

Back to top button