Twee mans verdrink op Volksrust

Volgens inligting, het die tweede man weer op Sondag 13 November probeer om te perd die rivier oor te steek.

Twee mans het die afgelope week op Volksrust verdrink na twee afsonderlike pogings om met ’n vermoedelik gesteelde perd die rivier oor te steek.

Volgens inligting, het albei vir ’n boer gewerk.

Die rivier was in vloed en in die eerste voorval op 10 November het twee ruiters die rivier probeer oorgaan. Een het afgeval en verdrink.


LEES OOK: Help Sakhile Police to find this man


Volgens inligting, het die tweede man weer op Sondag 13 November probeer om te perd die rivier oor te steek.
Dieselfde lot het hom getref.

Die Volksrust Polisie se woordvoerder was nie beskikbaar teen druktyd nie en gevolglik kon die name van die oorledenes nie gekry word nie.

Meer besonderhede sal so gou moontlik gepubliseer word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version