Bronkhorstspruit se VLU-Van Riebeecktak kuier by Ons Herberg

Ds. Tertius Erasmus het Afrikaanse liedjies onder begeleiding van sy vrou, Christa, gesing.

Lede van die Vroue Landbou-Unie (VLU) se Van Riebeeck-tak op Bronkhorstspruit het op Maandag, 7 November, die inwoners van Ons Herberg ouetehuis met eetgoed en geskenke verras.

Elke inwoner het ’n nekkussinkie met hulle naam op wat deur ’n VLU-lid gemaak is, ontvang.

Funky Baking het kowyntjies geskenk en terwyl die inwoners aan die eetgoed gesmul het, het ds.Tertius Erasmus hulle met Afrikaanse sang vermaak.


LEES OOK: Klipkerk op Standerton bied Kersmark aan


Hy is deur sy Christa op die klavier begelei. Dit het verskeie emosies uitgelok onder inwoners, soos heimwee, vreugde en genot.

Karin Ludwig, matrone by Ons Herberg, het die VLU-vroue bedank. Yolande Steenkamp, voorsitster, het die Erasmus-egpaar bedank.

“Julle het die oggend mooi gemaak.”


Exit mobile version