Nesher Privaatskool vier feestelike familiedag

Die dag se gebeure het met die familieloop van 4.9km afgeskop en daarna was dit tyd vir die pret wat die res van die oggend ingehou het.

Na hewige reën in die gebied, het oud en jonk, leerders en besoekers goed gebruik gemaak van die welkome sonskynweer by Nesher Pivaatskool op Eloff.

Nesher het op Saterdag, 5 November oudergewoonte hul prettige byeenkoms en geldinsamelingsdag op hul skoolterrein aangebied.

Die gesellige atmosfeer was kompleet met platejoggie en die vrolike musiek het tot die gees van saamwees bygedra.


LEES OOK: Luiperds Karate Club in Bronkhorstspruit grades fighters


Die dag se gebeure het met die familieloop van 4.9km afgeskop en daarna was dit tyd vir die pret.

Daar was verskeie stalletjies met eetgoed te kies en te keur en wat sou ’n feestelike familie lentedag dan nou wees sonder worsrolle, pannekoek, oliebolle, springmielies en roomys.

Die jongklomp het sokker en netbal gespeel waarna daar ook kruiwastoot en vele ander speletjies was.

Die springkasteel het ook vir groot vermaak onder die woelige jongklomp gesorg.


Exit mobile version