Local newsNews

Teksa Blommeklub-lede leer van kleure

Belangstellendes is welkom om volgende jaar by tak aan te sluit.

SECUNDA – Lede van die Teksa Blommeklub het op Woensdag, 26 Oktober byeen gekom en Roz du Preez van Standerton het vir lede gewys hoe om sekere kleurskakerings saam te gebruik in ’n ontwerp.

“Daar is geen defnitiewe reg of verkeerd met kleur nie, enige kleure wat ’n defnitiewe stelling maak of uitdruk, is reg,” het Du Preez gesê.

Sy het die lede aangemoedig om, wanneer hulle ’n ontwerp doen, kleure in verskillende porsies en verskillende soorte lig, te gebruik.

“Ek het besluit om blou en groen saam te gebruik omdat dit ’n kalmerende effek het.

“Dit is belangrik om kleure te herhaal in jou ontwerp, maar om steeds by die reels te bly.”

Lede van die Teksa Blommeklub kom in November weer bymekaar wanneer hulle hul jaarafsluiting gaan hou.



ALSO READ: Cable thieves cause power outages in Standerton

ALSO READ: Google’s Interview Warmup to help job seekers prepare for interviews

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button