Langasem-local-is-lekker byeenkoms by Loffies gehou

Sommige langasems het egter met bitter kórt asems by die eindstreep opgedaag, wenners of verloorders was daar egter nie.

Laerskool Eloff en Eldamah Academy van Delmas het mekaar in ’n vriendskaplike langafstand-atletiekdag die stryd aangesê.

Leerders van die twee skole het op Vrydag, 11 November op die sportveld van Laerskool Eloff bymekaar gekom.

Daar was tydens die ‘langasem-local-is-lekker’ oggend behoorlik langafstande afgelê.

Op die maat van vrolike musiek het die leerders en onderwysers van die twee skole hulle rondes gedoen.

Sommige langasems het egter met bitter kórt asems by die eindstreep opgedaag, wenners of verloorders was daar egter nie.

Plek-plek het ’n sagte motreën op die sportveld uitgesak, maar dit het nie die leerders weerhou van goeie kompetisie nie.

Die vriendskaplike kompetisie is in goeie gees gehou en was boonop ’n inoefening vir die atletiekseisoen wat afgeskop het en in 2023 in volle swang sal wees.


Exit mobile version