Italiaanse motors pronk op Bronkhorstspruit

Italian Classic Car Group skou by Anton Smit se Beeldhoupark en galery.

Anton Smit, ‘n bekende nasionale en internasionale beeldhouer, se Beeldhoupark en Galery (Anton Smit Sculpture Park and Gallery) in Bronkhorstspruit het Sondag, 6 November, oorgeloop met mense wat van vêr en wyd gekom het om na ‘n versameling van duur Italiaanse voertuie te kyk.

Italiaanse motors van alle groottes en vorms asook van verskillende tydlyne is tentoongestel deur die Italian Classic Car Group al die pad vanaf Johannesburg.

Gretige besoeksers aan die park is vriendelik gegroet deur die eienaars van die voertuie en mense kon selfs binne die motors loer.

“Die mense was wonderlik en so plat op die aarde,” het Karin Louw van die Art Café @ Anton Smit vertel.

“Die dag was ‘n sukses, en die Italian Classic Car Group het reeds bevestig dat hulle volgende jaar weer wil terugkom vir ‘n besoek en ontbyt,” het sy gesê.

Die park bied besoekers ‘n unieke buitelugse ervaring wat kuns en kos kombineer en is ook nie onbekend met dié soort klassieke motor-breakfast run nie.

Klassieke motorgroepe wat in die verlede die park besoek het, sluit in die Ferrari-groep wat in Augustus 2021 daar was en vanjaar het die Morris Minor Vintage Cars, Jacaranda Beetle Club en die Porsche-klub ʼn draai gemaak.


Besoekers besigtig die verskillende Italiaanse voertuie.
Rooi bly maar mooi.
Een van die Italiaanse motors by die Anton Smit Beeldhoupark en galery.
Dié vuurrwa het aandag getrek.
Exit mobile version