Ouetehuis hou kermis op Delmas

In die antieke teetuin kon gaste aansit vir daardie soetigheid, bedien met koffie of tee by kunstig-versierde tafels.

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se Ons Eie Ouetehuis op Delmas het weer eens gesorg dat oud en jonk na hul kermis gestroom het.

Past. Ciena Joubert van die Volle Evangelie Kerk op Delmas het op Saterdag, 5 November die oggend se verrigtinge met gebed geopen. Sy het ook elkeen wat bygedra het tot die geldinsamelingsdag vir Ons Eie, bedank.

Hierna was dit tyd om die geur van gebraaide wors op die kole, spoggerige gebak vanuit die geweste, koeksisters, kerrie en rys, melktert en vele meer te geniet.

Die kontrei se bobaas pannekoekbakkers se pannekoek-fabriek se wiele was ook goed geolie en die pannekoeke was goeie verkopers.

Die oggend se tema was dié van ’n antieke teetuin en sommige van die vroue was spoggerig uitgevat om by die tema te pas.


LEES OOK: Geregtigheid vir Angie, eks-kêrel sit lewenslank


In die antieke teetuin kon gaste aansit vir daardie soetigheid, bedien saam met koffie of tee by kunstig versierde tafels.

Plaaslike kunstenaar Reynette Vermaak en haar span het gesorg dat gesiggies by haar gesigverfstalletjie prettig geverf kon word. Vermaak het verder van haar eie prag-skilderye ten bate van Ons Eie laat opveil.

Lootjies is ook verkoop vir ’n sjokoladekoek. Die wenner hiervan was dr. Martin van Rensburg van die Hervormde Kerk op Delmas.

Die vroue kon ook inskryf vir die mees oorspronklike ‘antieke’ kleredrag. Vinkie Mulder het met die eerste plek weggestap en Elna Kruger is in die tweede plek gekroon.

“Ek wil net namens die diensbestuur, SAVF-lede en Ons Eie Ouetehuis, ’n groot dankie sê vir elkeen wat bygedra het tot die oggend se sukses,” het Sharon Rabie, bestuurder by Ons Eie, gesê.


LEES OOK: Vote of no confidence in Lekwa mayor and speaker rejected overwhelminlgly


Exit mobile version