Local newsNews

Ons Winkel op Bronkhorstspruit is weer op

Tweedehandse klere en goedere kan geskenk word aan Ons Winkel en alle wins wat gemaak word uit die verkope daarvan, word teruggeploeg in die gemeenskap.

Ons Winkel wat deel vorm van die Solidariteit Helpende Hand se landwye groepskenkingswinkels, maak op 11 November om 09:00 weer sy deure op Bronkhorstspruit oop ná dit vroeër vanjaar gesluit is.

Tweedehandse klere en goedere kan geskenk word aan Ons Winkel en alle wins wat gemaak word uit die verkope daarvan, word teruggeploeg in die gemeenskap.

“Die Ons Winkels skep ook werksgeleenthede en dra by tot studiefondse vir studente wat wil gaan studeer, maar dit nie kan bekostig nie,” het Marné du Plessis, hoof van bemarking van Ons Winkel, verduidelik.

Die betrokke tak spog met goeie gehalte items teen bekostigebare pryse.

“Die items wat jy skenk, is nie net iets nutteloos nie. Dit maak ’n bydrae tot ’n toekoms van mense,” het Du Plessis gesê.

Sluit by die opening aan van Ons Winkel Bronkhorstspruit by Lanhamstraat 65 om enige ongebruikte of oortollige items te skenk of om ’n winskopie of twee op te raap.

Skenkings kan ook tuis opgelaai word, so as daar goed net in die pad staan, kontak vir Lidia Toua by 076 852 9845 om reëlings te tref of vir meer inligting.

Vir meer inligting oor Helpende Hand se projekte, kan Mariana Kriel gekontak word by 084 952 5837.


Related Articles

Back to top button