Local newsNews

AfriForum se Mpumalanga-buurwagte hou massapatrollie

“Dit is van kardinale belang dat gemeenskappe begin eienaarskap van hulle eie veiligheid neem.”

Tien buurtwagte van Mpumalanga het in samewerking met die plaaslike polisie, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid op te skerp.

Altesaam 10 buurtwagte bestaande uit 110 patrolleerders het aan dié patrollie deelgeneem en ’n totaal van 2 550 km is afgelê.

Vanuit eie geledere het drie AfriForum-buurtwagte op Vrydag, 14 Oktober aan dié massapatrollie deelgeneem.

Die Eloff Buurtwag het in groot getalle daarvoor gesorg dat sigbaarheid in hul omgewing opgeskerp word, die Argent Plaaswag het hul rondtes op die plaaspaaie van hul omgewing gedoen en die Valke Buurtwag het vir ’n moontlike noodsituasie ingeoefen waarna hul die strate van Delmas gepatrolleer het.

“Ons buurtwagte hou voortdurend patrollies om misdadigers die hoof te bied. Die buurtwagte se verhoudings met ander veiligheidsrolspelers is ook goed en dit help ons om tydens hierdie patrollies suksesvolle operasies te kan uitvoer,” het Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

“Dit is van kardinale belang dat gemeenskappe eienaarskap van hulle eie veiligheid neem. Parate optrede en gereelde patrollies maak dit vir misdadigers moeilik om ’n houvas in gemeenskappe te kry, en daarom stig ons buurtwagstrukture,” het Arlo van Heerden, distrikskoördineerder vir die Laeveld gesê.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).


Related Articles

Back to top button