CrimeLocal newsNews

Hooggeregshof op Delmas stuur man lewenslank tronk toe vir moord op Bethal-egpaar

Pretorius het die beukes-egpaar eers met die vuiste bygekom waarna hy hulle met ’n flitslig, gemaak van baie harde metaal, doodgeslaan.

Die rondgaande hooggeregshof op Delmas het Francois Pretorius (45), ’n juwelier van Bethal, op 28 Oktober tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.

Pretorius het volgens ’n pleitooreenkoms met die staat erken dat hy ’n emerituspredikant van die Hervormde Kerk op Bethal, dr. Hannes Beukes, en sy vrou Ibel, op 18 Maart 2020 vermoor het.

Hy het aan die hof vertel dat hy die Beukes-egpaar eers met sy vuiste bygedam het en daarna met ’n flitslig vermoor het.

Hy het hierna hul liggame in die bagasieruim van hul voertuig gelaai en die voertuig in ’n oop stuk veld op Bethal gelaat. Hy het hul selfone, beursies en juwele geneem en van die toneel gevlug.

Die hof kon geen versagtende omstandighede vind nie en Pretorius is tronkstraf van 15 jaar vir die moord op dr. Beukes opgelê.


LEES OOK: Foreign nationals remanded in custody in Standerton’s neighbouring town


Hy is ’n verdere 15 jaar-tronkstraf opgelê vir die moord op Ibel Beukes, waarvan vyf jaar samelopend uitgedien moet word met die 15 jaar-vonnis op die eerste moord-aanklag.

Pretorius sal dus effektief 25 jaar agter tralies deurbring.

Die dubbele moord op die Beukes-egpaar het destyds skokgolwe deur die gemeenskap van Bethal gestuur.

’n Motorfietsryer het destyds die egpaar se voertuig laat middag in die bosse op die hoek van Du Plooy en Kieserstraat op Bethal opgemerk en ’n video-opname gemaak wat hy aan die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gestuur het. Die egpaar se liggame is in die kattebak gevind.

Adjudant-offisier Nico Veldman was die ondersoekbeampte in die saak.


LEES OOK: Standerton Regional Court sends murderer to 15 years in jail


Hy het tydens een van Pretorius se vroeë hofverskynings getuig dat hulle (die polisie) na Pretorius se juwelierswinkel op Bethal gegaan het en ’n paar vrae aan hom gestel het. Daar was toe egter nog nie genoeg bewyse om Pretorius in hegtenis te neem nie.

Die volgende dag was Pretorius skoonveld. Hy is op 26 Maart 2020 op sy skoonpa se plaas in die Belfast-omgewing in hegtenis geneem.

“Ons het hom vir ’n week gejaag en het selfs ’n helikopter in die lug gehad,” het Veldman destyds getuig.

Voor sy verdwyning het Pretorius ’n brief aan sy vrou geskryf waarin hy erken het dat hy die egpaar vermoor het.

Pretorius het die Beukes-egpaar in die kombuis van sy (Pretorius) huurhuis op die plaas Rustfontein op Bethal vermoor.


LEES OOK: Angelique Fourie’s killer sentenced to life imprisonment


Die Beukes-egpaar was glo op besoek aan Pretorius om ’n ring, waaraan hy vir die egpaar gewerk, het te bespreek. Bethallers bespiegel tot vandag toe oor wat Pretorius daartoe gedryf het om moord te pleeg.

Hoewel daar tydens een van sy eerste hofverskynings genoem is dat hulle ’n geskil oor geloof gehad het, het Pretorius nie veel meer oor sy motief vir die moord gesê nie.

Volgens inligting wat tydens dié hofverskynings uitgekom het, het ’n argument oor Jesus tussen die Beukes-egpaar en Pretorius ontstaan. Hy het sy humeur verloor en die twee mense koelbloedig vermoor.

Pretorius het erken dat hy die Beukes-egpaar eers met die vuiste bygekom waarna hy hulle ook met ’n flitslig, gemaak van baie harde metaal, doodgeslaan het.

“Dit was definitief nie net een hou nie, maar vele,” het Veldman destyds getuig.

Ná die moorde het Pretorius sy vrou geskakel en haar meegedeel dat die kombuis baie vuil is. Sy moes skoonmaakmiddels koop en het dit by Pretorius se juwelierswinkel afgegee.

Later daardie aand het Pretorius sy vrou en kinders opdrag gegee om met die kombuis se skoonmaak te help.

Bewyse van bloed was egter steeds deur die polisie op die toneel gevind en Pretorius kon met die moord verbind word.

Die nadoodse verslag het ook bevestig dat die Beukes-egpaar aan die beserings wat hulle tydens die aanval op hulle opgedoen het, gesterf het.


Related Articles

Back to top button