Local newsNewsStreeknuus

Katgriep neem toe in Bronkies-omgewing

Wetnose bevestig uitbraak van die parvo-virus.

Wetnose Diereskuiling het vandeesweek die uitbraak van katgriep (die parvo-virus) in die Bronkhorstspruit-omgewing bevestig.

Volgens ʼn woordvoerder van Wetnose is daar daagliks ten minste een hond wat na hulle kliniek ingebring word deur eienaars en gediagnoseer word met die virus.

Vier honde is verlede week weens katgriep van kant gemaak.

Die virus affekteer die dermkanaal en veroorsaak braking, bloederige en lopende stoelgang, ontwatering en lusteloosheid.

Simptome begin tussen drie tot sewe dae na infeksie.

Babahondjies jonger as twee jaar is veral vatbaar vir die virus, maar dit kan wel honde van enige ouderom affekteer afhangend of hulle ingeënt is.


LEES OOK: Dwelms maak kleingeld van lewens op Standerton


Dit is dus uiters belangrik om jou babahondjie vir inentings op ses, nege en 12 weke te neem en dan een keer ‘n jaar om te verhoed dat hulle aansteek.

Die virus versprei veral in die warmer maande wanneer honde met mekaar in aanraking kom, asook die aanraking met besmette items en voorwerpe soos grond, kos, waterbakke, vlieë en selfs mense.

ʼn Hond wat met katgriep gediagnoseer is, moet dadelik behandeling ontvang en afgesonder word. Alles waarmee die hond in aanraking gekom het, moet bleikmiddel ontsmet word.

Die virus kan ten minste sewe maande en selfs jare in die omgewing aktief bly en dit is onmoontlik om ontslae te raak van die virus in die grond sonder om alle plantegroei te vernietig.

“As ʼn hond op jou perseel aan katgriep gevrek het, moet asseblief nie dadelik weer ʼn babahond kry nie. Die virus is nog aktief en die nuwe hond kan aansteek,” het Wetnose gewaarsku.


LEES OOK: Bronkhorstspruit-kunstenaar Riaan Jacobs se werk laat mense praat

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button