Local newsNews

Dogter van Witpoort se visier is reg ingestel

Sy het in die junior 0/13-afdeling van die randslagkompetisie (.22) deelgeneem.

Deoné Freeke, ʼn leerder van Laerskool Witpoort en asook ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaring Vereniging (SAJWV), het op 8 Oktober aan die Nasionale Junior Skietkampioenskap op die Excalibur-skietbaan op Welkom deelgeneem en haar nasionale kleure verwerf.

Sy het in die junior 0/13-afdeling van die randslagkompetisie (.22) deelgeneem.

Dié kompetisie is uniek omdat die seuns en dogters nie apart deelneem nie maar teen mekaar meeding.

“Die kompetisie was stram en die skuts was baie goed voorberei,” het Bernice van Staden, hoof van bemarking en projekte by Laerskool Witpoort, gesê.

“Tydens die kompetisie het die wind sterk gewaai en die skuts moes dit in ag geneem het om die nodige verstellings en aanpassings te identifiseer,” het Van Staden verduidelik.

“Ons is trots op haar prestasie.”

Related Articles

Back to top button