Standerton Trapklub hou kermisse ten bate van die ouetehuis

Sowat 60 mense was teenwoordig en R5 280 is ingesamel.

Standerton Trapklub het op Saterdag 29 Oktober ’n kermisse op Pieter en Monica Swart se plaas vir ’n goeie doel aangebied.

Dit was ’n geldinsamelingsinisiatief ten bate van die Kosmos Aftree-oord. Sowat 60 mense was teenwoordig en R5 280 is ingesamel.

Die klub het aangedui dat nog mense sou inbetaal. Dellnemers kon verskeie rondtes voltooi en self besluit wat hulle wil skenk.

Volgens Nadia Stückler was dit die grootste opkoms ooit by ’n kermisse. Attie van der Westhuizen, die klub se ondervoorsitter, het vir almal ’n potjie gemaak. ’n Gelukkige trekking is ook gehou en 10 pryse was ter sprake.


LEES OOK: Three accidents on R546 between eMbalenhle and Evander leave 7 injured


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version