Local newsNews

Karnival en nag onder die sterre tydens Heidi se konserte op Delmas

Daar is lekker karnival gehou tydens dié konsert.

Net voor die skole vir die derde kwartaal gesluit het, het Heidi Kleuterskool op Delmas se kleuters en graad R-leerders konsert gehou.

Die baba’s en graad RR’e se konsert het op Dinsdag, 27 September in die saal van Laerskool Delmas plaasgevind.
Daar is lekker karnival gehou tydens dié konsert.

Vir die graad R-leerders was dit na alle waarskynlikheid hul laaste kleuterskool konsert voordat grootskool gedurende 2023 afskop.

Die Nag-onder-die-Sterre-konsert is op Woensdag, 28 September vir ouers, oupas, oumas, boeties en sussies opgevoer.

Ook die personeel van Heidi het hul kant gebring en met hulle opvoering die konsertgangers bederf.

Na afloop van die oefening om van die opvoerings so ’n groot sukses te maak, is elkeen van die kleingoed met ’n lekker roomys bederf.

“Ons is so trots elke Heidi-juffrou en al die maats. Dankie vir elkeen se harde werk,” het Riëtte Wheller, skoolhoof, gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button