Local newsNews

Rudie ‘Vleis’ Visagie en gade bring hul getuienis na Delmas

Marlé was omstreeks vyfuur daardie oggend op pad na haar vriend om hom met sy verjaarsdag te verras. Sy moes om 07:00 by die kerk wees waar sy kinderkerk aangebied het. Marlé sou egter nooit haar bestemmings bereik nie.

Die oud-Springbokrugbyspeler, Rudie ‘Vleis’ Visagie en sy vrou Frieda, het Delmas besoek as deel van sy getuienis wat hy landwyd bring.

Die egpaar het op Saterdag, 15 Oktober tydens ’n ontbyt by die N.G. Kerk se Moedergemeente op Delmas saam met plaaslike inwoners gekuier.

Visagie het in 2004 die ondenkbare oorgekom toe hy sy dogter, Marlé (19) op 23 Mei per ongeluk by hul huis op Nelspruit noodlottig in haar voertuig gewond het.

Die tragiese ongeluk het gebeur nadat Visagie sy dogter vir ’n motordief aangesien het.


LEES OOK: Highway patrol cops save hijacking victim on the N12 near Delmas


Volgens Visagie was Marlé omstreeks 05:00 daardie oggend op pad na haar vriend om hom met sy verjaarsdag te verras. Sy moes omstreeks 07:00 by die kerk wees waar sy kinderkerk aangebied het.

Met Marlé se ouers se aankoms by die voertuig, het hulle haar lewelose liggaam, met haar lang blonde hare oor die stuurwiel, gevind.

Volgens die Visagie-egpaar het die gebeure hul lewens drasties verander.

“Ons het hierna die besluit geneem om by kerke op te tree en getuienis te lewer oor die verandering wat daardie oggend van 23 Mei 2004 in ons lewens gebring het,” het Visagie gesê.

“Daardie skoot weerklink steeds in ons lewens.”

Die Visagies se seun, Gary is onlangs getroud, en woon op Klerksdorp en volgens die egpaar sien hulle Gary gereeld, ten spyte daarvan dat hulle met hul woonwa deur die land toer om getuienis te lewer.

“Almal se gebede het ons hande hooggehou. Wat is die doel van die lewe, wat is die doel van dit wat met my gebeur het? Niks gebeur sonder ’n doel nie. Die Here het gegee en die Here het geneem. God het onderneem om my te help,” het Visagie verder gesê.

“Leef vir die oomblik met geliefdes, familie en vriende. Leef volgens 1 Korintiërs 13; en die grootste hiervan is die liefde.”

“Leer uit jou foute, jy is nooit te oud om te leer nie. Wat jy saai, sal jy maai.”


Related Articles

Back to top button