Local newsNews

Laerskool Delmas se hokkiebokkies verower silwer

Die dogters keer huiswaarts met ’n silwer medalje en het dus tweede in Mpumalanga geëindig.

Die 0/13-hokkiespan van Laerskool Delmas het aan die Mpumalanga Top 10-uitspele deelgeneem en uitstekend gevaar.

Die spannetjie het op Vrydag, 23 September en Saterdag, 24 September in Nelspruit deelgeneem. Die span het eers vir Laeveld met 5–0 verslaan, en het daarna ook vir Standerton met 2–1 geklop.

Met die halfeindronde teen JJ van der Merwe was die telling nul elk en tydens ’n agt sekonde-uitskiet, het die dogters van Delmas met drie doele gewen.

In die eindstryd teen Kragbron het Delmas geen doele aangeteken nie, terwyl die kompetisie een doel op die telbord geplaas het.

Die dogters het dus algeheel tweede in Mpumalanga geëindig en het met ’n silwer medalje huiswaarts gekeer.



ALSO READ: Lekwa puts best foot forward at meeting in Standerton Town Hall

ALSO READ: Residents in Bronkhorstspruit and Cullinan area must hold back on the hose

Related Articles

Back to top button