Local newsNews

Laerskool Witpoort vermaak gehore

Die gehoor het op die punte van hul stoele gesit en daar is spontaan saamgesing en hande geklap.

Baie ure se oefening en harde werk het uiteindelik vrugte afgewerp toe oud en jonk na die Music and Dream Blast” soos opgevoer deur Laerskool Witpoort, gaan kyk het.

Die produksie is vanaf Dinsdag, 20 September tot Donderdag, 22 September aangebied.

“Van die kleinste muisies, paddas en selfs die popgroep Queen het op die verhoog verskyn,” het Bernice van Staden, bemarker by Laerskool Witpoort laat hoor.

“Die gehore het op die punte van hul stoele gesit en daar is spontaan saamgesing en hande geklap.

“Die gehoor kon hulle behoorlik inleef. Ook ons leerders het die produksie baie geniet.”


ALSO READ: Die hartseer-sage rondom die plakkershut-vrou van Eloff duur voort



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button