Die hartseer-sage rondom die plakkershut-vrou van Eloff duur voort

Dié plakkershut-vrou is reeds op Vrydag, 23 September oorlede, maar steeds kon sy nie in haar finale rusplek geplaas word nie. Daar is nie geld om die vroutjie se verassing te doen nie.

Ten tye van haar dood het sy nie meer as 30kg geweeg nie. Die omstandighede waarin sy oorlede is, laat veel te wense oor, maar steeds is dit nie die einde van die shack-vrou se hartseer verhaal nie.

Dié plakkershut-vrou is reeds op Vrydag, 23 September oorlede, maar steeds kon sy nie in haar finale rusplek geplaas word nie. Daar is nie geld om haar verassing te doen nie.

Heila Coetzee van die AfriForum Eloff Buurtwag het die gemeenskap om skenkings gevra en die nuus het vinnig op plaaslike sosiale media groepe versprei.

Streeknuus het met Santie Swarts van D&M Begrafnisdienste op Delmas kontak gemaak en sy kon teen druktyd bevestig dat daar steeds nie genoeg geld is nie, maar dat hulle tog met die verassingsdiens voortgaan.


ALSO READ: Bronkhorstspruit Police invite community to join the CPF


“Dit sou bloot net onmenslik en ongevoelig wees om die liggaam langer in die yskas te laat lê.”

Die diens sal op Dinsdag, 18 Oktober, byna ’n maand na haar dood, deur ds. Eben Slabbert van Sundra behartig word. D&M Begrafnisdienste is bekend vir hul onbaatsugtige bystand tydens die afsterwe van geliefdes.

“Ons het die koste vir die verassing tot op die been gesny, maar ongelukkig het ons ook sekere uitgawes wat ons moet dek. Die gemeenskappe van ons omgewing het bygedra en ons is byna daar.”

Soos berig in Streeknuus (30 September) het Coetzee op Vrydag, 23 September ’n noodroep van haar huishulp ontvang.


ALSO READ: Koinonia Christelike Kerk op Secunda is nou Koinonia Pinkster Protestante Kerk


Coetzee was in die dorp en daar was ’n histeriese volwasse seun by haar huis op Eloff wat gesê het dat sy ma dood is. Coetzee het na die toneel in die Mimosa Plakkerskamp op Eloff gehaas.

“Ten spyte van die snikhete dag, was die plakkershut binne koud en pikdonker. Die vrou het op die grondvloer gelê en dit was dadelik duidelik dat sy nie meer leef nie,” het Coetzee toe gesê.

Volgens betroubare inligting, is die oorsaak van haar dood maagkanker, maar sy was ook ’n dwelmverslaafde.

Die plakkershut-vrou se seun is boonop op Dinsdag, 4 Oktober op Delmas deur ’n motoris omgestamp. Die seun het ’n nag in die Bernice Samuel Hospitaal deurgebring waarna hy ontslaan is, terug na die donker, koue plakkershut in Mimosa wat hy en sy ma gedeel het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version