Standerton VLU-vroue beplan volgende jaar se program

Alna Kapp van die Tambuki-streek is as die nuwe president aangewys.

Die Kaalspruit-tak van die VLU se maandvergadering op Dinsdag 29 September het oudergewoonte by die Hervormde Kerk se saal plaasgevind.

Marietjie Swart, voorsitter, het sake op die sakelys afgehandel. Die voordele en gebruik van gemmer is by die vergadering bespreek.

Die tak se inisiatief om gebreide poppies na die Abraham Kriel Kinderhuis op Modimole te stuur, is aan die gang.
Marinda Visser en Santie Cawood wat afgevaardiges na die onlangse Mpumalanga Kongres naby Middelburg was, het verslag oor die gebeure gedoen.

Alna Kapp van die Tambuki-streek is as die nuwe president aangewys.


LEES OOK: Alna Kapp van Standerton is voorbereid vir nuwe uitdaging


Rocco de Villiers, gaskunstenaar, het die afgevaardiges met sy klavierspel vermaak, terwyl Jan Hendrik van der Westhuizen, Michelin-ster sjef, staaltjies oor sy ouma Hessie vertel het.

Ouma Hessie was ’n VLU-lid en veral die geskroeide vla, het jare gelede sy belangstelling in kosmaak geprikkel.

Van der Westhuizen het ook sy sjokolade mousse-resep gedeel. Vroue se aandprogram het ’n orkes ingesluit.

Altesaam ses streke het kompetisieartikels ingeskryf en Tambuki-streek het algeheel tweede geëindig. Die Hoëveld-streek waaronder Vaalrivier-tak en Kaalspruit-tak val, het vyfde geëindig.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version