Local newsNews

Fratswind ruk dakke af op plase buite Delmas

“Die kinders het later onder die beddens gaan skuil en my seuntjie het gevra dat ons net moet bid.”

Terwyl boere angstig wag vir die eerste lentereëns het stormsterkwinde die seisoen aangekondig. 

’n Fratswind op 19 September het plase in die Groenfontein-omgewing omstreeks 19:00 getref en groot skade aangerig.

By een van die plaashuise is die buitgeboue se dak heeltemal afgeruk en het ’n deel van die muur ook omgeval.

“Dit was benoude oomblikke, veral toe die huis se dak bo ons koppe begin dreun het.

“Die kinders het later onder die beddens gaan skuil en my seuntjie het gevra dat ons net moet bid,” het ’n plaasbewoner Streeknuus meegedeel.

Behalwe vir die dak, is ons lewens en ons voertuie gespaar en daarvoor is ons dankbaar.

“In dieselfde omgewing het die dak van ’n plaashuis gelig, die eerste ry stene uitgeruk en weer op sy plek te lande gekom.”

Volgens onbevestigde inligting, het inwoners van die nabygeleë Waaikraal informele nedersetting tussen Bronkhorstspruit en Delmas aan die R42 ook deurgeloop en het menige huise in die slag gebly.


LEES OOK: Buurtwag volhard in brandbestryding op Eloff


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button