Local sportNews

Drie Proteas van Standerton palm verskeie toekennings in

Uit die karatestal van Jannie Degenaar, reeds ’n Protea, het Reney Raven haar statuur gewys.

Karateka van die Skisa Three Swords Dojo van Standerton is op Sondag 18 September by die Mpumalanga Sporttoekennings in Mbombela met meer as een toekenning beloon.

Melony Degenaar, klubadministrateur vir die afgelope 15 jaar, is die provinsiale sekretaris van Karate Suid-Afrika in Mpumalanga en het ook as provinsiale tesourier vir ses maande gedien.

Sy is voorts ’n addisionele lid van die uitvoerende komitee van Karate Suid-Afrika. Melony dien as administrateur by alle oefensessies van die Protea-span, asook by nasionale ligas en nasionale kampioenskappe.

Sy het in Mei vanjaar haar Protea-kleure ontvang en het opgetree as spanbestuurder vir die Protea-span tydens die UFAK Region South-kampioenskap.


LEES OOK: Nita inspireer Bethal VLU-vroue met haar praatjie


Die Departement van Kultuur, Sport en Ontspanning het Melony beloon deur haar aan te wys as die Mpumalanga Sport Administrateur vir 2022.

Uit die karatestal van Jannie Degenaar, reeds ’n Protea, het Reney Raven haar statuur gewys.

Jannie het in 2019 en 2020 met die louere weggestap as Mpumalanga se Sportman van die Jaar en is verlede jaar met legendestatus vereer. Hy is ook die president van Mpumalanga Karate.

Reney het vanjaar by die Statebondspele ’n silwer en bronsmedalje in haar afdeling, gesiggestremdheid, verower.

“Mense wat gesiggestremd is, moet nie terughou nie,” het sy gesê.

Sy het ook haar Protea-kleure ontvang. Reney is die afgelope 11 jaar aan die oefen by Skisa Three Swords Dojo.

“Ek doen dit omdat dit vir my lekker is en ek graag gestremdes wil bewus maak dat ook hulle aan hul gunstelingsport kan deelneem en presteer.”

Gesiggestremde karateka word by kompetisies reeds in die opwarmingsgebied geblinddoek vanwaar hulle tot by die kompetisiegebied begelei word.

Daar lewer hulle hul katavertoning en word steeds geblindoek terugbegelei na die opwarmingsgebied waar hul vir die eerste keer die blinddoek mag verwyder. Op dié wyse word die speelveld gelyk gemaak omdat deelnemers se visie kan verskil.

“Die eerste keer dat ek my kata so gedoen het, was erg omdat jou balans en rigting met die vloerpatroon beïnvloed word,” het Reney mee afgesluit.

Die departement het Reney nie net as Sportvrou met gestremdheid van die Jaar aangewys nie, maar sy het ook die ‘people’s choice’-toekenning, asook die Sportster van die Jaar-toekenning ontvang.

Nie net is Reney die eerste persoon wat drie toekennings in een jaar by die DCSR verwerf het nie, maar ook die eerste gesiggestremde karateka wat Protea-kleure ontvang het.

Skisa Three Swords Dojo van Standerton is op Sondag 18 September by die Mpumalanga Sport Awards in Mbombela met meer as een toekenning beloon.

Melony Degenaar, klubadministrateur vir die afgelope 15 jaar, is die provinsiale sekretaris van Karate South Africa en het ook as tesourier vir ses maande gedien. Sy is voorts ’n addisionele lid van die uitvoerende raad van Karate South Africa.

Melony is die administrateur by alle oefensesesies van ’n Protea-span, nasionale ligas en ’n nasionale kampioenskap. Sy het in Mei vanjaar haar Protea-kleure ontvang en was spanbestuurder van die Protea-span.


LEES OOK: Mense geniet Mariki 2022 Kuier en Koop Lekkerte op Secunda


’n Toekenning is ook in ontvangs geneem vir haar bydrae.Uit die karatestal van Jannie Degenaar, reeds ’n Protea, het Reney Raven haar statuur gewys.

Jannie het in 2019 en 2020 met die louere weggestap as Mpumalanga se Sportman van die Jaar en is verlede jaar met legendestatus vereer.

Hy is ook die president van Mpumalanga Karate. Reney het vanjaar by die Statebondspele ’n silwer en brons medalje in haar afdeling, gesiggesatremdheid, verower.

“Mense wat gesiggestremd is, moet nie terughou nie,” het sy gesê.Sy het ook haar Protea-kleure ontvang.Reney is die afgelope 11 jaar aan die oefen by Skisa Three Swords Dojo.“

Ek doen dit omdat dit lekker is.

”Gesiggestremde karatekas word by kompetisies geblinddoek van die opwarmingsgedeelte, tot by die vloer en die kata en dan terug na die opwarmingsgedeelte. Op dié wyse word die speelveld gelyk gemaak omdat deelnemers se visie kan verskil.“

”Die eerste keer wat ek dit gedoen het, was erg omdat jou balans beïnvloed word,” het Reney mee afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button