Feestelike atmosfeer heers by Hoërskool Standerton se gholfdag

Verskeie stalletjies is deur die skool beman en die eerste groep spelers het reeds om 07:00 afgeslaan.

‘n Feestelike atmosfeer het by die Standerton Buiteklub op Saterdag 24 September tydens SHS se gholfdag geheers.

Verskeie stalletjies is deur die skool beman en die eerste groep spelers het reeds om 07:00 afgeslaan.

Johan van Niekerk het die Woensdag-wedywering op 21 September gewen met ’n puntetelling van 40, gevolg deur Wessel van der Merwe met 39.

Herman Mynhardt het 36 behaal, terwyl Riaan Starbuck 35 aangeteken het.

Ronald Kinnear het 34 op die telkaart ingevul en die driestuks van Stephen Nortjé, Kobie Coetzee en Shaun het elk 32 behaal.

Gerrit Coetzee en Janneman Kotze het albei met 30 geëindig. Shaun en Gerrit Coetzee het ’n spog-twee behaal.



ALSO READ: 

RJ Kinnear from Standerton in top form at open tournament for junior golfers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version