Moord op veearts is tweede tragedie in plaashuis wat gesin tref

Dr. Coleman het hier sy vrou, Trysie, in 2017 per abuis in die maag geskiet. (Streeknuus, 12 Mei 2017).

Die moord op dr. Jesse Coleman (73) op die plaas Klipspruit naby Delmas op 27 September, is nie die enigste drama wat al in die huis op dié plaas afgespeel het nie.

Dr. Coleman het hier sy vrou, Trysie, in 2017 per abuis in die maag geskiet. (Streeknuus, 12 Mei 2017).

Coleman het omstreeks 04:00 op die oggend van 5 Mei 2017 op die tweede aktivering van hul huisalarm gereageer.

Hy het glo die slaapkamerdeur oopgemaak en op presies dieselfde oomblik het Trysie die deur van die anderkant oopgestoot.


Laaie en kaste is uitgekeer op die plaas Klipspruit tydens die aanval op dr. Jesse Coleman op 27 September.

Die egpaar het inmekaar vasgeloop, Trysie het glo gegil en op daardie oomblik het ’n skoot afgegaan.

Trysie was in die maag gewond. Hulp was ontbied waarna Trysie in ’n kritieke toestand per helikopter na die Millpark Hospitaal vervoer is.

Sy het wel die skietwond oorleef. Die egpaar is intussen geskei.

Coleman was ’n praktiserende veearts wat die grootste gedeelte van sy lewe sy praktyk in Benoni bedryf het.

Hy het op die plaas Klipspruit grootgeword en het ná sy ouers se dood, die boerdery op die plaas voorgesit.



LEES OOK: Bejaarde op plaas buite Delmas vermoor

LEES OOK: Veearts is tweede boer binne vyf dae wat in Mpumalanga vermoor is

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version