Hewige wind rig skade op Standerton aan

Standerton Stadsaal is een van die vele plekke wat beskadig is. Dié gebou se dak het deurgeloop.

’n Sterk wind het op Maandag 19 September teen skemeraand dakke afgewaai en boomtakke grond toe geslinger.

Van die tonele in die middedorp wat op kamera vasgevang is, is Standerton Stadsaal wat se dak beskadig is, Haas

Das Kleuterskool wat deurgeloop het en boomtakke in die strate.

Verskie inwoners moes begin opruim.

Werkers het op 20 September op die dak van die Pieter Veldsman-gebou by die kruising van Burger- en Beyers Naudéstraat gewerk.

Verwydering van boomtakke op die gholfbaan het ook die afgelope week ’n aanvang geneem.


LEES OOK: Mense geniet Mariki 2022 Kuier en Koop Lekkerte op Secunda


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version