Local sportNews

47 hengelaars vang 158 vis by Grootdraaidam

Die hengelaars het vis van altessam 114.320kg ingeweeg.

Meyerville Hengelklub het onlangs ’n kompetisie aangebied waar 47 hengelaars, onder andere vier besoekers, 158 vis by Grootdraaidam uitgetrek het.

Die vis van die dag het aan die swaarste geelvis gegaan. Die hengelaars het vis van altesaam 114.320kg ingeweeg.

Danie Human het eerste in die meestersafdeling geëindig met 10 vis van 6.300kg, gevolg deur Johan Kruger met sewe vis van 4.160kg en Pikkie Gleeson met sewe vis van 3.440kg.

Gleeson het die vis van die dag vasgekap.


LEES OOK: Clubs compete in Indawo Yosizo’s netball tournament in eMzinoni


Shawn Munro was onoorwonne in die seniorafdeling met 15 vis van 9.100kg, terwyl Peter Munro tweede was met nege vis van 6.400kg en Hendrik Karelse derde met ses vis van 7.780kg.

Graeme Douglas het die vis van die dag inkatrol.

Elain Munro het in die vroue-afdeling geseëvier met 11 vis van 8.420kg, gevolg deur Louisa Nel met ses vis van 3.720kg en Solien du Preez met drie vis van 4.300kg.

Du Preez het die vis van die dag ingeweeg.


LEES OOK: Reney Raven van Standerton ontvang silwer medalje by Commonwealth Games


Lourens Schoeman het die juniorafdeling gewen met met een vis van 1.760kg, terwyl G ermarie Pretorius tweede was met een vis van 0.400kg.

Lourens het die vis van die dag vasgekap.

Ty Mortlock het die septer in die penkopafdeling geswaai met drie vis van 2.740kg, gevolg deur HJ van Loggerenberg met drie vis van 2.280kg en Alixis Moolman met een vis van 0.900kg.

Ty het die vis van die dag gvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button