Mariki 2022 Kuier en Koop Lekkerte skop af op Secunda

Daar is slegs 50 kaartjies beskikbaar vir gala-aand.

SECUNDA – Marietjie Skool se Mariki 2022 Kuier en Koop Lekkerte skop vanjaar op Vrydagaand, 23 September af met ’n gala-aand.

As jy die gala-aand gaan bywoon, gaan jy een van die eerste mense wees wat deur die mark kan loop.

Kaartjies vir die gala-aand kos R250 per persoon en kan by Marietjie Skool se kantoor gekoop word.


LEES OOK: Duo appears in Secunda Magistrate’s court for explosives


Die Mariki 2022 Kuier en Koop Lekkerte trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan met die tema Mark met Hart.

Die mark open op Saterdag, 24 September om 09:00 en duur tot Woensdag, 28 September. Die mark sal daagliks oop wees vanaf 09:00 tot 19:00 en spog vanjaar met bykans 100 stalletjies, onder andere gourmet-kosstalletjies.

Die mark gaan omskep word in ’n Franse Kafee waar markgangers kan sit en eet of wegneemetes bestel.


LEES OOK: Bethal farmers attend meeting about new Sasol mine


Van die ander kossoorte of lekkernye wat markgangers kan verwag, sluit in waffels, spookasem, aarbeie en room, ‘gourmet’draai-roomys, hamburgers, nachos, vegetariëse disse en seekos.

Ander items wat by die mark te koop sal wees, sluit in kuns, koeke, speelgoed, mampoer, juwele, koffiebone, tee-produkte, baba-dékor, baba- en kinderklere, fudge, sjokolade, vellies, serpe en tafeldoeke.

Vir meer inligting, of om jou plek vir die gala-aand te bespreek, skakel die skoolkantoor by 017 631 1474.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version