Vrede hou Kovsiebeker omhoog

’n Totaal van 564 punte is aangeteken en hul teenstanders het slegs 99 punte in totaal behaal.

Vrede Skool se eerste rugbyspan het die afgelope naweek hul lywe en hulself op die spel geplaas om die Kovsiebeker vir Kleinskole te verower.

Hulle het in die eindstryd teen Curr4o Kathu gewen met ’n telling van 68-22. en vir die speler langs hul, voor hul en agter hul gespeel. Die wedstryd is op Shimlapark gespeel.

Volgens die skool, was dit ’n opwindende seisoen wat die hele gemeenskap van Vrede.

Die span het drie ligas gewen, naamlik die Oos-Vrystaat Liga, Griffons Platteland Liga en Kovsie Liga.

’n Totaal van 564 punte is aangeteken en hul teenstanders het slegs 99 punte in totaal behaal.

Harrismith is met 62-0 geklop, New Horizon met 66-5, Reitz met 38-17, Retief Kestell met 41-5, Senekal (kwarteindstryd) met 64-0, Ficksburg (halfeindstryd) met 50-14, Retief Kestell (eindstryd) met 39-5,

Hennenman Griffons (halfeindstryd) met 70-7, Hoopstad Griffons (eindstryd) met 31-14, Wildeklawer met 35-10 en Curro Kathu met 68-22.

Volgens die skool, verdien afrigter Johan Malan, asook Janco Els en Riaan Schoeman, ’n staande applous.

Malan is as Oos Vrystaat Hoërskole Rugby se voorsitter gekies, asook die 0/19 Griffons Cravenweek-span as keurder.

Die eerste rugbyspan van Vrede Skool het die Kovsie Liga gewen.

Hy is ook as die Griffons Cravenweek se spanbestuurder aangestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version