Dr. Leon Pelser neem beste foto vir die maand onder Secunda-fotograwe

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Augustus by te woon.

Dr. Leon Pelser was die wenner in die voorgeskrewe onderwerpafdeling van die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op Vrydagaand, 1 Julie.

Sy foto, Fearless, was die beste in dié afdeling.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Julie was ‘Grille en Gille’ en die beoordelaar vir die aand was Simon du Plessis.

Dr. Pelser was ook die beste fotograaf onder die senior fotograwe met sy foto, Old Man Reading en hy het ook ’n sertitikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Louis van der Walt was die beste fotograaf onder die junior fotograwe met sy foto, Wat Traimit Temple Bangkok en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Van der Walt se ander fotos wat goed gevaar het en waarvoor hy sertifikate van meriete ontvang het, is Cloudy Kiara Pond, in die landskapafdeling, Infectious Agent, en Spring Spinnekop in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is Johan Coetzee vir sy foto, Bearded Vulture in Flight in die natuurvoëlsafdeling, Danie Smit vir sy fotos, Berghaan, in die natuurvoëlsafdeling en Prince Albert in die tweekleurige foto-afdeling, Sussa Pelser vir haar foto, Digging for Food in die natuurvoëlsafdeling, Hanlie de Beer vir haar fotos, Sondela Fisant in die natuurvoëlsafdeling, Njala Bul Sondela en Njala Ooi, beide in die natuurafdeling, Johan Viljoen vir sy fotos, Waiting Game, en Dinner, beide in die natuurvoëlsafdeling, Peter Winnan vir sy foto, Yellow Billed Stork Fishing in die natuurvoëlsafdeling, Hanno de Beer vir sy foto, High Stakes in the Semi Finals, in die tweekleurige foto-afdeling en James Harris vir sy foto, Living on the Edge, in die natuurafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 5 Augustus, om 18:00 vir 18:30 in die Scrum Inn by die Sasol

Ontspanningsklub en die voorgeskrewe onderwerp vir Augustus is ‘Borders/Grense’.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.

James Harris het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Living on the Edge, in die natuurafdeling.
Johan Viljoen het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Waiting Game, in die natuurvoëlsafdeling.
Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Berghaan, in die natuurvoëlsafdeling.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version